26 November 2014

30 is die nuwe 21!



Soooo.... Ek het die groot 30 geslaan hierdie jaar en waar my ma vertel hoe sy snot en trane sit en tjank het op haar 30ste verjaarsdag, het ek dit heeltemal in my "stride" geneem en besluit ek gaan my 20's eerder stilletjies, al is dit net in my kop, herleef en nie bekommerd wees oor te veel moets en moenies wat kom met die nuwe dekade nie.

25 November 2014

Die dag toe ek my “tattoo virginity” verloor het.



Dit was die dag voor my 30ste verjaarsdag. Seker niks snaaks nie, maar meeste mense doen dit al baie vroeër in hul lewens. Ek was maar nog altyd so bietjie koekerig en die mees uitspattigste ding wat ek ooit gedoen het was om een keer my hare wortel-oranje te kleur en toe was ek so skaam (dit het eintlik geflop) dat ek vir ‘n paar dae my “beanie” gedra het en dit toe weer reg gekleur het. Ek dink nie my hare was werklik ooit weer dieselfde daarna nie.

17 November 2014

Kom kuier by 42 on Church in Tulbagh!




Baie lank gelede was ek die eienaar van Plum Restaurant in Kerkstraat, Tulbagh. Ek het net klaar 
studeer en was bitter onervare en geensins regtig gemotiveerd nie, en na ‘n jaar in die bedryf het ek die restaurant se deure gesluit. Ek het daardie tyd gedink dit was die domste besluit van my lewe om ooit so ‘n besigheid te begin en ek het myself belowe dat ek nooit ooit weer na die restaurantbedryf sou terug gaan nie.

13 November 2014

Chloe en Milo doen SantaPaws

Ons het besluit om hierdie jaar ‘n diere-liefdadigheidsorganisasie te ondersteun tydens die Kersseisoen, en wie beter as Santa Cause for Paws?!




10 Oktober 2014

Nathazia se eiervugstapels met soetrissiesous en feta


Hierdie is ‘n heerlike resep van ‘n kollege-vriendin van my wat dit sommer met my gedeel het op Instagram. Dis regtig baie lekker en baie maklik en vinnig om te maak.

Eiervrye sjokolade bekerkoek


Dis nou nie regte koek nie, maar beslis net so lekker wanneer die soetlus jou bekruip. En dis natuurlik in ‘n kits gereed!

Klets en Kook kook nou met die nuwe Samsung Smartoven


Ek is baie gelukkig om aan te kondig dat Klets en Kook die derde #MissionSamsung blogger-uitdaging gewen het. Die prys? Natuurlik ‘n oulike Samsung slimoond!